Thursday, January 03, 2013

Nuwe jaar

Voorspoedige nuwe jaar almal! Ek kan nie glo dat ek nie vir meer as 'n jaar geblog het nie! Hopelik is 2013 beter as 2012.

2012 was 'n moeilike jaar vir my. Dis 'n lang storie, maar ek het 'n baie bedrukte kamermaat gehad. Sy wou 'n baba hĂȘ en het gestop om haar medisyne te neem om haar vrugbaarheid te verhoog. Sy het altyd huil en skreeu en ek het genoeg gehad! Ek het na 'n nuwe woonstel verhuis met my ander kamermaat van die vorige plek. Die nuwe woonstel is soveel beter!

In ander nuus, het ek weer begin om gedurende middagetetyd te draf! Op die derde verdieping by my werk ('n ou Victoriaanse gebou) is 'n stort. Ek is nie meer 'n oggendmens nie en ek hou nie van oefening na werk nie. Ek is gewoonlik te moeg. Middagetetyd is perfek en maak die tweede half van die dag makliker en minder stresvol. 'n Nuwe jaar, 'n nuwe woonstel en hopelik nuwe gewoontes!

No comments: