Tuesday, January 04, 2011

Hope Sandoval

'n Paar dae gelede terwyl ek na Hollyoaks gekyk het, het ek 'n bekende stem gehoor. Dit was die enchanting* Hope Sandoval wat 'n deel van Mazzy Star is, een van my gunsteling musiekgroep van die Negentigs. Ek het geen idee dat sy ook in nog 'n musiekgroep is, staan bekend as Hope Sandoval and the Warm Inventions. Sy het 'n onvergeetlike stem en ek is baie bly om weer haar musiek te hoor. Dankie Hollyoaks! Luister na hierdie liedjie en hoor vir jouself.



A few days ago while watching Hollyoaks, I heard a familiar voice. It was the enchanting Hope Sandoval, who is a member of Mazzy Star, one my favorite bands from the Nineties. I had no idea that she was also in another band known as Hope Sandoval and the Warm Inventions. She has an unforgettable voice and I'm really happy to hear her music again. Thanks Hollyoaks! Listen to this song and hear for yourself.

* Hoe sĂȘ jy enchanting?

7 comments:

Gerrit Buys said...

Hallo Verdant,

Ek vind jou blogs baie interessant. Dis vir my wonderlik dat iemand 'n nuwe taal sommer so op sy eie leer.

Die Afrikaans vir "enchanting" is na die beste van my wete "betowerend" of "betowerende", afhangend van die gebruik.

Ek het jou storie oor die potjiekos 'n rukkie gelede gekyk en baie oulik gevind.

My oorlede pa was onder andere ook 'n digter. Ek het van sy gedigte op 'n blog geplaas, omdat die digbundels (boeke) almal uit druk is. As jy belangstel, kan ek die internetadres vir jou stuur.

Mooi bly,
Gerrit.

Verdant said...

Hallo Gerrit,

Dankie dat jy my blog besoek het. Ek waardeer die hulp!

Ek's bly dat jy die potjiekos video geniet het. Dit was pret om dit te maak.

Ja, stuur my asseblief die internetadres van jou pa se gedigte. Ek sien uit na dit!

Groete,
Tommy

Gerrit Buys said...

Hallo Tommy,

Hier's die adres van die hoofblad:

http://pwbuys.blogspot.com/

Die bundels se adresse is:

http://pleroma-pwb.blogspot.com/
http://witkorbeel.blogspot.com/
http://sigbare.blogspot.com/

Hoop jy kry iets waarvan jy hou.

Groete,
Gerrit.

Verdant said...

Baie dankie Gerrit!

Alexander said...

Ek het jare gelede Mazzy Star in Manchester in Engeland sien speel en hulle was fantasties, een van die meeste wonderlike gigs wat ek ooit bygewoon het. Haar stem is so mooi.

Bertus! said...

Enchanting is "betowerend" of "sprokiesagtig". Hoop daai werk vir jou, en dankie vir jou mooi blog.

Verdant said...

Dankie Bertus!