Monday, November 29, 2010

Vriend in die kombuis / Friend in the Kitchen

Ek het vir 'n baie lang tyd 'n fietsry en hardloop vennoot gesoek en ek het uiteindelik een gevind! Sy naam is Chris en ons het 2 maande gelede (ek dink) ontmoet deur ons wedersydse vriend Justin. Hy en ek het vir die afgelope vier naweke deur Golden Gate Park fietsgery en vir die afgelope twee weke het ons ook na die fietsry gehardloop.

Ons het onlangs begin om saam te kook. Dit is die perfekte manier om na oefening te ontspan! Chris is ook lief vir Indiese kos en wil leer hoe om dit te kook, maar hy kan nie kos eet wat te pikant is nie. Verrassend, ne? Ons gebruik minder chili as gewoonlik, maar daar is ook Indiese geregte wat natuurlik nie-pikant is, soos Jeera Chawal (komynrys).

Op Sondag het ons die volgende drie geregte gemaak: die bogenoemde Jeera Chawal, Matar Dal (gesplete droë ertjie kerrie) en Bengalese styl Bandhgobhi Hari Matar Tarkari (kool en groenertjies). Toe ek 'n kind was het ek nie van kool gehou nie, maar dié gereg het my gemoed verander. 'n Vorige kamermaat Michelle (toe ek in Boston woon) het die resepteboek "Lord Krishna's Cuisine: The Art of Indian Vegetarian Cookery" van die biblioteek gekry wat die resep bevat. Dit is die grootste resepteboek wat ek ooit gesien het (800+ bladsye!) en was baie pret om te lees.

Hier is 'n paar foto's van Chris besig om sy eerste Indiese ete te kook.





I've been looking for a biking and running partner for a long time and I finally found one! His name is Chris and we met two months ago (I think) through our mutual friend, Justin. He and I have biked through Golden Gate Park for the past four weekends, and for the past two, we've also ran after biking.

Recently, we've started cooking together. It's the perfect way to relax after exercise! Chris also loves Indian food and wants to learn how to cook it, but he can't eat food that is too spicy. Surprising, huh? We use less hot pepper than usual, but there are also Indian dishes that are naturally non-spicy, like Jeera Chawal (cumin rice).

On Sunday, we made the following three dishes: the aforementioned Jeera Chawal, Matar Dal (split-pea curry), and Bengali-style Bandhgobhi Hari Matar Tarkari (cabbage and green peas). When I was a kid, I didn't like cabbage, but this dish changed my mind. A previous roommate, Michelle (when I lived in Boston), got the cookbook "Lord Krishna's Cuisine: The Art of Indian Vegetarian Cookery" from the library, which contained the recipe. It's the largest cookbook that I've ever seen (800+ pages) and was a lot of fun to read.

Here are a few photos of Chris cooking his first Indian meal.

4 comments:

Eben van Renen said...

Heerlik! Ek is ook baie lief vir kook. Marthinus Versfeld (martin versveld) was 'n besondere filosoof wat uitstekend kon kosmaak. Hy het sy filosofie deur middel van die kookkuns verduidelik. Ek het al sy boeke al gekoop. (A philosopher's cookbook is een voorbeeld, maar ek hou meer van die Afrikaanse weergawes want hy het pragtige poetiese Afrikaans geskryf). Marhinus het ook veral die Oosterse kos en filosofiee geniet, al was hy 'n tipe progressiewe Christen filosoof (iets wat ek nie dink 'n maklike weg is om te vind nie!). Hy het my geinspireer om regtig te begin kook. As ek jy was, sou ek begin om die 2de Afrikaanse Bybel aan te skaf: Kook&Geniet. Elke Suid-Afrikaner het gewoonlik hierdie twee boeke. Die Bybel, en die Kook&Geniet.
Ek het al amper al die tradisionele boerekos geregte self leer kook (my vrou is Kanadees en ken nie van boerekos maak nie, net boerekos eet...)

Groete
Eben

Verdant said...

Ek het nog nooit gehoor oor Marthinus Versfeld, maar ek sal nou hom google! Met betrekking tot Kook en Geniet, het ek verlede jaar dit van Kalahari.net gekoop :). Ek hou ook van boerekos en het 'n paar van die geregte soos pannekoek, plaatkoekies en potjiekos. Ek sal een van die dae probeer om koeksisters te maak!

Alexander said...

Dit lyk smaaklik!

nikita said...

Ooooo! Dit lyk njammies!